Lekker Doen Dinge in en om Mosselbaai!

Lekker Doen Dinge in en om Mosselbaai!

Aksie, avontuur, kuns, kultuur, geskiedenis, pret en plesier of bloot rus soek, Mosselbaai is regtig ‘n unieke bestemming.

Mosselbaai staan bekend as die “doen-dinge-bestemming”

SWEM IN DIE BRANDERS

Besoekers aan Mosselbaai is ‘n klipgooi van altesaam 4 blouvlagstrande: Santos, De Bakke, Hartenbos en Klein-Brakrivier. Dit beteken die strande voldoen aan die hoogste gehalte en omgewingstandaarde. In seisoentyd is hier van 08:00 tot 18:00 menseredders aan diens.

KOM KYK NA DIE WATERREUSE

Mosselbaai is ‘n uitstekende plek om walvisse te sien. Van Junie is dit walvisseisoen, sit in ‘n restaurant wat uitkyk oor Santos, De Bakke of die Punt, of kyk sommer van jou eie balkon of kampeerplek af uit oor die see en ‘n waterreus sal jou elke nou en dan verras. Die streek is ook bekend vir sy robbe, dolfyne en haaie. As jy die seediere van naderby wil bekyk, bespreek ‘n bootrit by Romonza (http://romonzaboattrips.co.za; www.romonzaboattrips.co.za; 082 701 9031/044 690 3101)

GEHEIMSINNIGE GROTTE

Vir ‘n onvergeetlike belewenis, besoek die Cape St. Blaize en die Pinnacle Point-grotte. Die grotte neem jou 162 000 jaar terug in die geskiedenis en word gereken as die punt van die mens se oorsprong (in Engels: Point Of Human Origin). Jy kan Cape St. Blaize sonder begeleiding besoek. Artefakte van om en by 80 000 jaar gelede wat hier gevind is, is nou by die Dias-museumkompleks te siene. (Meer inligting by: http://www.humanorigin.co.za, www.humanorigin.co.za, of 071 690 8889/079 640 0004)

GAAN STAP EN VERKEN

Die staproete volg ‘n kontoerpad van 13,5 kilometer oor die kranse wes langs die Mosselbaai-kus af en strek van die St. Blaize-grot by die Punt, tot by Danabaai se 1ste Strand. Gaan vra raad by die Toerismekantoor.

DIAS-MUSEUMKOMPLEX

As die grotte jou eers nuuskierig gemaak het, besoek ook die Dias-museumkompleks, Posboom, Dias-karveel, Skulpmuseum, Akwarium en die Cape St. Blaize-lighuis. Mosselbaai het ‘n groot (en interessante) rol in Suid-Afrika se geskiedenis gespeel. (www.diasmuseum.co.za)

MANNE MET DIE VAAL JASSE EN DIE WIT TANDE

White Shark Africa se haaihokduiksessies vind vanaf die 11,5 meter lange Shark Warrior plaas. Duikpakke, duiktoerusting en ligte verversings is ingesluit. Bangjan kan die haaie vanaf die boot dophou. Bespreek by: www.whitesharkafrica.com

DRAGONDUNE SANDDUINRY

As jy hare (en sand) op jou tande het, kom tem die Draakduin (Dragon Dune), die grootste sandduin in Suid-Afrika. Sandduinry is baie soos sneeuplankry en jy het geen vorige ondervinding nodig om dit baas te raak nie. Hier kan jy vorder vanaf die Baba-duin (100 meter), na die Big Boy (180 meter) en heel laaste na die Big Daddy, oftewel die Draakduin (350 meter). Bring toe skoene, drinkwater, sonskerm en jou aksiekamera saam. Bespreek ‘n dag voor die tyd. (www.dragondune.com)

GAAN STAP DIE HISTORIESE ROETE

Kry vir jou n Historiese Roete-kaart by die Mosselbaai Toerismekantoor en verken Mosselbaai te voet. Die brosjure wys byna 70 geskiedkundige geboue uit wat almal dateer uit die jare 1786 tot die vroeë 1990’s. Daar is ‘n Ou Foto-uitstalling in die timmermanswinkeltjie by Montagustraat 89. Die Santos Pavilion is een van twee Victoriaanse strandpaviljoengeboue wat vandag nog gebruik word. Dit is in 1906 gebou nadat die argitek Engeland toe is om die Brighton Pavilion te bestudeer. Vandag huisves die Santos Pavilion ‘n lieflike restaurant op die strand.

VERKEN EN GENIET DIE HAWE

Mosselbaai se hawe bied heelwat om te sien en doen. Sea Gypsy-restaurant is ‘n ou gunsteling, dan is daar die rooi bus genaamd die London Bus Fish Chips Company. Langsaan is die Mossel Bay Oyster Bar, wat oesters, sushi en vonkelwyn bedien. Die Kaai 4-braairestaurant spesialiseer in tradisionele Suid-Afrikaanse kos, alles op ‘n oop vuur voorberei. Die hawe bied ook heelwat pret-aktiwiteite aan, electrodive spesialiseer in skubaduik en snorkel, of jy kan saam met Go Fish gaan diepseehengel. In die somervakansie is die Waverider gewild onder adrenalienverslaafdes.

HOU DIE KINDERS BESIG

Diaz Water Park is reg langs die Diaz Hotel geleë en bied vermaak vir oud en jonk. Die Water Park het verskillende water glybane, ‘n verhitte swembad en nog vele meer vermaak vir alle ouderdomme. Bring die hele gesin vir ‘n prettige dag in die son. Daar is ook braai en piekniek area vir ‘n lui lekker kuier en middag ete.

GAAN OP ‘N AVONTUUR NA LOUVAIN GASTE PLAAS

Louvain is ‘n pragplaas geleë in die boonste Langkloofvallei, halfpad tussen George en Uniondale. Daar is verskeie aktiwiteite beskikbaar soos 4×4 roetes , voël kyk, verskillende staproetes omring deur eindelose uitsigte, berg fietsry roetes regdeur die pragtige Langkloofvallei en ‘n wonderlike sterrekyk geleentheid vir jou luukse oornag ervaring in enige van die bekostigbare akkommodasie beskikbaar.

TE VEEL OM TE KIES

????????????????

Die vriendelike mense by die Mosselbaai-toeriste-inligtings- kantoor staan reg om jou in die regte rigting te stuur. Hulle is by: Mark en Kerkstraat. 044 691 2202, info@visitmosselbay.co.za, GPS-punt: S34.180113, E22.143153, www.visitmosselbay.co.za, www.visitmosselbay.co.za, www.facebook.com

Christian Liebenberg

Christian Liebenberg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *