Lekker Peuselhappies en Bykos oor die Kole vir ‘n Lekker Vakansie Braai!

Lekker Peuselhappies en Bykos oor die Kole vir ‘n Lekker Vakansie Braai!

GEVULDE SAMPIOENE OP DIE ROOSTER

Bestandele                                                                                                   

Lekker groot bruin sampioene

Crushed garlic

Lemon Pepper

Botter/margarien

Fyn gerasperde wit cheddar kaas

Metode

Spoel die sampioene af en druk droog met handoekpapier.

Plaas ‘n stukkie botter/margarien in die middel van elke

sampioen. Plaas die knoffel ( ongeveer halwe teelepel per sampioen)

rondom die botter. Sprinkle bietjie Lemon Peper op elkeen.

Sit lekker baie kaas op elke sampioen en druk bietjie plat.

Plaas die sampioene netso op die rooster oor matige kole en

braai tot die kaas lekker gesmelt het. Haal af en geniet!!

Resep: Elizma Liebenberg

LEKKER GROENTE PAPSAK OP DIE ROOSTER

Bestandele

Hoeveelhede hang af van die hoeveelheid mense

Tinfoelie (heavy duty foil)

Canola olie

Lemon Peper

Aromat

Aartappels gewas en in blokkies gesny

Uie afgeskil en in blokkies gesny

Wortels geskil en grof opgesny

Sampioene heel of halveer

Murgpampoentjies grof gesny

Geel Pattypans heel of halveer

As jy hou van ‘n bietjie brand gooi

‘n paar russies van jou keuse in.

Metode

Gooi al die groente in ‘n bak, strooi lekker baie

Lemon Pepper oor en ‘n bietjie Aromat. Gooi heelwat canola olie

oor, anders brand die groente voor dit lekker sag

en gaar is. Meng alles goed deur.

Rol groot genoeg stuk foelie oop sodat jou groente inpas

en die foelie kan dubbel vou.

Plaas groente in die middel op helfde van die foelie, los genoeg

spasie vir oprol.

Vou nou die foelie toe oor die groente en vou die rand goed toe.

Plaas versigtig op rooster, maak seker die foelie bly heel.

Braai oor matige kole tot die foelie lekker opstyg en soos

‘n papsak lyk, ongeveer 1uur.

Haal af, laat staan bietjie, maak versigtig oop pasop vir die stoom.

Eet lekker saam met daai Lam ribbetjie of verouderde steak!!

Resep: Elizma Liebenberg

GEVULDE SPEKPAKKIES OP DIE KOLE

Bestandele

20 x Klein uitjies

20 x Heel knoffelhuisies, skoon gemaak

20 x Maraschino kersies

Gerasperde wit cheddar kaas

Botter/Margarien

20 x Repies spek

Metode

Sny die uitjies se punte af en haal binneste deel uit.

Plaas ‘n heel knoffelhuisie en kersie binne-in elkeen.

Skep ‘n bietjie botter/margarien in elke uitjie en stop

met kaas. Draai die spekrepe om die uitjies en steek

vas met ‘n tandestokkie.

Rol toe in foelie en plaas tussen die kole, braai tot gaar.

Haal af en geniet as ‘n peuselhappie!!

GEBRAAIDE KNOFFEL MOSSELS

Bestandele

500g Bevrore half skulp mossels

Crushed Garlic

Botter/margarien

Fyn gerasperde wit cheddar kaas

Metode

Ontvries die mossels voor die tyd, plaas ‘n mespunt

botter/margarien op elke mossel, plaas half teelepel

knoffel op elkeen, strooi lekker baie kaas oor en druk

bietjie plat.

Pak die mossels op die rooster uit en braai oor matige

kole tot kaas lekker gesmelt het.

Geniet as ‘n voorgereg voor die groot braai!!

Resepte en Foto’s: Elizma Liebenberg

Elizma Liebenberg

Elizma Liebenberg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *